Tien Verlore Stamme

'n Kaart van die twaalf stamme volgens die boek Joshua.

Die Tien Verlore Stamme is tien van die Twaalf Stamme van Israel wat na bewering uit die Koninkryk Israel verban is ná die verowering van die koninkryk deur die Nieu-Assiriese Ryk omstreeks 722 v.C.[1][2] Dit sou beteken dit is die stamme van Ruben, Simeon, Dan, Naftali, Gad, Aser, Issakar, Sebulon, Manasse en Efraim; almal buiten die stam van Juda en Benjamin (sowel as sommige lede van die stam van Levi, die priesterstam wat nie sy eie gebied gehad het nie).

Omdat die stam van Simeon in die gebied Juda gewoon het, is dit nie duidelik hoekom die stam nie ingesluit is in die lys van dié stamme (of as deel van die noordelike koninkryk van die tien stamme) nie. Daar word ook nie genoem dat die stamme van Aser en Ruben ná die verowering aan enigiets deelgeneem het nie; hulle het in 'n gebied gewoon wat óf deur Fenisiërs (Aser) of deur Moabiete (Ruben) beheer is. Teen die middel 9de eeu v.C. is die gebied van Gad ook deur die Moabiete herower. Dus kon die Assiriërs hoogstens die ander ses stamme verwyder het. Dit lyk of die "tien stamme" 'n verkeerde benamings is, want dit beteken al die stamme wat buite die Koninkryk Juda gewoon het.

In die 7de en 8ste eeu n.C. is die terugkeer van die verlore stamme verbind met die begrip van die wederkoms van die messias.[3]:58–62 Bewerings van afstamming van die "verlore stamme" is in verband met bie groepe gemaak,[4] en sommige godsdienste handhaaf 'n messianistiese siening dat die stamme sal terugkeer.

Volgens moderne navorsing het die Transjordaan en Galilea grootskaalse verbannings beleef, en hele stamme het verlore gegaan. Historici kom oor die algemeen tot die gevolgtrekking dat die verbanne stamme in die plaaslike bevolkings opgeneem is. In Samaria, aan die ander kant, het baie Israeliete die Assiriese aanslag oorleef en in die land gebly, en eindelik die Samaritaanse gemeenskap gevorm.[5][6]

Dit het egter nie verskeie gelowe laat afsien van die idee dat sommige as aparte entiteite voortbestaan het nie. Die antropoloog Shalva Weil het verskeie verskillende stamme en volke in die wêreld gedokumenteer wat aanspraak maak op afstamming van die tien stamme.[7]

  1. Josephus, The Antiquities of the Jews, Boek 11, hoofstuk 1
  2. 2 Esdras 13:39–45
  3. Benite, Zvi Ben-Dor (2009). The Ten Lost Tribes: A World History (in Engels). Oxford University Press, USA. ISBN 9780195307337.
  4. Weil, Shalva (2015). "Tribes, Ten Lost". In Patai, Raphael; Bar -Itzhak, Haya (reds.). Encyclopedia of Jewish Folklore and Traditions. Vol. 2. Routledge. pp. 542–543. ISBN 9781317471714.
  5. Tobolowsky, Andrew, ed. (2022), "The Tribes That Were Not Lost: The Samaritans", The Myth of the Twelve Tribes of Israel: New Identities Across Time and Space (Cambridge: Cambridge University Press): pp. 66–106, doi:10.1017/9781009091435.003, ISBN 978-1-316-51494-8, https://www.cambridge.org/core/books/myth-of-the-twelve-tribes-of-israel/tribes-that-were-not-lost/BAEE997B6F05C26B49864979B0705E9D, besoek op 2022-08-25 
  6. Knoppers, Gary (2013). "The Fall of the Northern Kingdom and the Ten Lost Tribes: A Reevaluation". Jews and Samaritans: The Origins and History of Their Early Relations. New York: Oxford University Press. pp. 42–44. ISBN 978-0-19-006879-0.{{cite book}}: CS1 maint: date and year (link)
  7. Weil, S. 1991 Beyond the Sambatyon: the Myth of the Ten Lost Tribes. Tel-Aviv: Beth Hatefutsoth, the Nahum Goldman Museum of the Jewish Diaspora.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search